OPTIMALE GEWASKEUSE- EN BEMARKING-STRATEGIEË VIR GRAANPRODUSENTE IN SUID-AFRIKA / OPTIMAL CROP SELECTION AND MARKETING STRATEGIES FOR GRAIN PRODUCERS IN SOUTH AFRICA
Authors:
- 1 December 2000
- journal article
- research article
- Published by Taylor & Francis in Agrekon
- Vol. 39 (4) , 504-512
Abstract
Na die deregulering van die Suid-Afrikaanse landboubemarking, is produsente self verantwoordelik vir die bemarking van hulle produkte. Verskeie bemarkingsopsies is beskikbaar vir die graanprodusent, wat daartoe lei dat die produsent toegegooi word met 'n verskeidenheid van inligting wat hy moet verwerk om die regte bemarkingsbesluit te kan neem. Heelwat literatuur bestaan oor die voordele wat bemarkingsplanne vir die produsent inhou, soos onder andere om prys- en inkomsterisiko te verlaag m.b.v bemarkingstrategieë. Produksiekoste vorm 'n integrale deel van 'n bemarkingsplan en help die produsent om pryse vas te maak sodat 'n winsgewende boerdery bedryfkan word. Die model wat hier voorgehou word, bied aan die produsent die geleentheid om 'n optimale gewaskeuse en bemarkingstrategie vir sy eie unieke situasie te ontwikkel, gegewe sy eie inherente eienskappe asook dié van sy onderneming. Die model neem onder andere produksiekoste, beskikbare bemarkingsfondse en wisselboubeperkinge in ag ten einde 'n strategie te ontwikkel wat die hoogste wins per hektaar kan voorsien.Keywords
This publication has 4 references indexed in Scilit:
- Market Efficiency and Marketing to Enhance Income of Crop ProducersApplied Economic Perspectives and Policy, 1998
- Can Preharvest Marketing Strategies be Used to Increase Income?Applied Economic Perspectives and Policy, 1998
- Forward Marketing Practices and Attitudes of Large-Scale Midwestern Grain ProducersApplied Economic Perspectives and Policy, 1998
- Risk and Grain Marketing Behavior of Large‐Scale FarmersApplied Economic Perspectives and Policy, 1996