Effek van bewerking op die organiese materiaalinhoud van geselekteerde droëlandgronde in Suid-Afrika
Authors:
Open Access
- 15 January 1994
- journal article
- research article
- Published by Taylor & Francis in South African Journal of Plant and Soil
- Vol. 11 (2) , 71-79
Abstract
Die doel van die ondersoek was om (1) die effek van bewerking op die organiese materiaalinhoud van gronde te kwantifiseer indien onversteurde gronde as verwysing dien; (2) die verband tussen bewerkingstyd en die afname in organiese materiaal te kry en (3) vas te stel of die afname in organiese materiaalinhoud as gevolg van bewerking tussen ekotope verskil. Onversteurde en bewerkte bogronde (0–200 mm) is by 50 lokaliteite, wat verspreid in die somerreënvalgebied voorkom (24°–30°S; 24°–30°0), gemonster. Die lokaliteite in hierdie gebied is so geselekteer dat 'n wye reeks van klimaatstoestande, grondeienskappe en bewerkingstye verkry is. Bewerking het 'n betekenisvolle afname in grondorganiese materiaal by al die lokaliteite tot gevolg gehad. In die geval van organiese C het dit 10–75% en in die geval van totale N het dit 5–73% bedra. Verliese van organiese C was deurgaans groter as dié van totale N met die gevolg dat bewerkte gronde 'n effens laer C:N verhouding as onversteurde gronde het. Die tempo van organiese materiaalverlies was hoog gedurende die eerste vyf jaar van bewerking. Daarna het die tempo afgeneem totdat 'n ewewig na ongeveer 35 bewerkingsjare bereik is. Hierna het baie min of geen verlies voorgekom. Die ontbindingstempo van organiese materiaal weens bewerking is hoër in ekotope van die warm droër as in ekotope van die koeler natter gebiede, maar die persentasie van organiese materiaal wat verlore gaan is groter in laasgenoemde gebiede.Keywords
This publication has 6 references indexed in Scilit:
- Long-Term Impacts Of Tillage, Fertilizer, And Crop Residue On Soil Organic Matter In Temperate Semiarid Regions1991
- Loss of nitrogen fertility and its restoration in some Orange Free State soilsSouth African Journal of Plant and Soil, 1990
- Soil Property Comparisons in Virgin Grasslands Between Grazed and Nongrazed Management SystemsSoil Science Society of America Journal, 1987
- CHANGES IN ORGANIC CARBON AND NITROGEN OF MORROW PLOT SOILS UNDER DIFFERENT TREATMENTS, 1904–1973Soil Science, 1984
- Particle‐size Fractions and their Use in Studies of Soil Organic Matter: II. Cultivation Effects on Organic Matter Composition in Size FractionsSoil Science Society of America Journal, 1983
- A Simple Statistical Procedure for Partitioning Soil Test Correlation Data Into Two ClassesSoil Science Society of America Journal, 1971