Goederevervoermarksegmente wat potensieel winsgewend deur spoorvervoer bedien kan word
Open Access
- 3 March 2020
- journal article
- research article
- Published by Medpharm Publications in Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie
- Vol. 38 (1) , 168-179
Abstract
Hierdie oorsigartikel bied ’n uiteensetting van goederevervoermarksegmente wat potensieel winsgewend deur spoorvervoer bedien kan word. Die werkwyse word beskryf waarvolgens die marksegmentering wat vir die studie tersaaklik is, uitgevoer is. Ten aanvang word ondersoek watter vraagvereistes goedereversenders uit ’n doeltreffendheidsoogpunt aan ’n vervoerdiens stel. Dan word die ekonomiese kenmerke van die onderskeie goederevervoermodusse ondersoek om te bepaal watter kenmerke uit ’n kostedoelmatigheidsoogpunt by die aanbod van ’n vervoerdiens bepalend is. Uit hierdie vraag-en-aanbod-oorwegings is ’n sintese van die vyf modale segmente van die goederevervoermark opgestel, naamlik lug-, pad-, spoor-, pypleiding- en skeepsvervoer. Binne die modale spoorgoederevervoermark in die besonder word ses potensieel winsgewende subsegmente geïdentifi seer. Hierdie subsegmente word bepreek aan die hand van die volgende vier kenmerke wat elkeen tipeer: (1) soort treine aangewend, (2) soort trokke benut, (3) soort eindpunte gebruik en (4) soort goedere vervoer. Die geïdentifiseerde subsegmente van die spoorgoederevervoermark is soos volg: (1) losmaatgoederevervoer, (2) grootmaatvervoer van (a) mynbouprodukte, (b) vloeistowwe en (c) graan; (3) op-enafrydienste en (4) standaard-intermodale houervervoer. DOI: https://doi.org/10.36303/SATNT.2019.38.1.735Keywords
This publication has 11 references indexed in Scilit:
- Freight logistics’ contribution to sustainability: Systemic measurement facilitates behavioural changeTransportation Research Part D: Transport and Environment, 2018
- Herbesin oor die opleiding van natuurwetenskaponderwysers in Suid-Afrika: Lesse uit FinlandSuid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 2017
- Oxidative stability of blesbok, springbok and fallow deer droëwors with added rooibos extractSouth African Journal of Science, 2015
- Handbook of Operations Research Applications at Railroads2015
- South Africa's domestic intermodal imperativeResearch in Transportation Business & Management, 2012
- Overview of salient economic features of the modes of freight transport for use in the formulation of national transport policy in South AfricaRisk Governance and Control: Financial Markets & Institutions, 2012
- The Economics of Transport2009
- European Integration of Rail Freight Transport2004
- Toekomstige waterbenuttingsopsies vir Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 1999
- Tegnologie in perspektiefSuid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 1987