Funksionele aspekte van spoorvervoereindpunte wat die suksesvolle vervoer van goedere per spoor ondersteun
Open Access
- 3 April 2020
- journal article
- research article
- Published by Medpharm Publications in Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie
- Vol. 39 (1) , 32-39
Abstract
Hierdie artikel bied ’n oorsig van die funksionele aspekte van spoorvervoereindpunte wat die suksesvolle lewering van goederespoordienste kan ondersteun. Ten aanvang word die primêre en sekondêre funksies van goederevervoereindpunte in die algemeen bespreek, waarna spoorvervoereindpunte in die besonder bespreek word. Spoorvervoereindpunte bestaan uit verskeie werftipes wat elkeen ingerig is om sekere funksies te verrig of werksaamhede te hanteer. Die primêre en sekondêre funksies van al die werftipes word vermeld. Daarna word die funksies bespreek van die vier breë klasse goederespoorvervoereindpunte wat vandag aangetref word, naamlik (1) losmaat-, (2) grootmaat-, (3) opry-afry- en (4) intermodale eindpunte. Grootmaateindpunte word verder verdeel in ertseindpunte, eindpunte by die tenkwerwe van olieraffinaderye en chemiese aanlegte, en eindpunte by graansuiers. Die soorte treine, spoortrokke en hanteringstoerusting wat by elke eindpuntklas aangewend word en die goederesoorte wat by elkeen hanteer word, word vermeld.Keywords
This publication has 3 references indexed in Scilit:
- Liggingsaspekte van spoorvervoereindpunte wat die winsgewendheid van goederespoordienste ondersteunSuid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 2020
- Goederevervoermarksegmente wat potensieel winsgewend deur spoorvervoer bedien kan wordSuid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 2020
- The influence of size, location and functions of freight rail terminals on urban form and land useCorporate Ownership and Control, 2016